In 2020 het ek egter die kans gevat en my aansoek by die Overstrand Learning Hub ingedien. Ek was baie verras en opgewonde toe ek hoor my aansoek by OLH en STADIO is suksesvol.
Nuwe uitdagings; nuwe moontlikhede!
In 2020 het ek egter die kans gevat en my aansoek by die Overstrand Learning Hub ingedien. Ek was baie verras en opgewonde toe ek hoor my aansoek by OLH en STADIO is suksesvol.
Die Overstrand Learning Hub (OLH) het my hele visie omtrent die lewe verander. Nooit het ek gedink dat ek onderwys sou studeer nie. Ek het wel geweet ek wil iets studeer, sodat ek my kennis kon verbreed. Na matriek voel mens geforseerd om iets te studeer, maar bly onseker of dit die regte keuse is.
Die passie en liefde vir werk met kinders was maar altyd deel van my karakter, maar ek het vir 15 jaar in die motorindustrie gewerk en daarom eers gedink om iets in die bestuurswese of finansies te studeer.
In 2020 het ek egter die kans gevat en my aansoek by die Overstrand Learning Hub ingedien. Ek was baie verras en opgewonde toe ek hoor my aansoek by OLH en STADIO is suksesvol.
Meteens het alles vir my oop gegaan en ek besef dat ek die pad gekies het wat God vir my beplan het. Met Covid 19 het ek baie geliefdes verloor en ons finansies het ook ‘n groot knou gevat. Ek het besef ek wil die lewe voluit leef!
In Maart 2021 het ons studies begin as aanlyn studente van STADIO met die leerondersteuning van tutors en finansiële ondersteuning wat deur OLH verskaf word aan belowende studente. Eers was dit ‘n enorme aanpassing vir my, want ek moes werk, my huishouding instand hou, asook my man en vierjarige dogter in ag neem. Ek het vir my ‘n roetine uitgewerk en verskriklik baie gekommunikeer met my man en familie. My familie het onbaatsugtig hand bygesit met kos maak en party aande na Kirsty omgesien sodat ek ongehinderd kon studeer.
Ek het twee tot drie tutor sessies per week bygewoon by OHL in die Hub (oorspronklik die Ou Sinagoge) op Hermanus, asook een keer ‘n week aanlyn klasse by Stadio wat ons studiemateriaal en aanlyn lesings verskaf het. Dit was ‘n groot aanpassing, veral ook die taalgebruik, aangesien dit 90% Engels is. Danksy OHL se tutor sessies kon ek byhou en gemotiveerd bly.
OHL het my in die tweede semester finansieel ook by die hand gevat. Soos almal se finansies maar broekskeur is, so was dit ook vir my gesin. Ek het probeer ekstra werkies doen om geld te spaar. Ek was ook bevoorreg om finansiële ondersteuning van my ouers te kry. My motivering is om my studies te voltooi en voluit te LEWE! Die jaar 2021 was die mees uitdagende jaar in my hele lewe, maar te danke aan my Skepper was ek suksesvol en het my eerstejaar B Ed Grondslagfase met twee A- simbole geslaag. Ek was verskriklik trots op myself en was gemotiveerd om 2022 aan te pak.
2022 is nog meer uitdagend. Sjoe! Die lang November en Desember vakansie het my heeltemal uit roetine gegooi en ek moes van vooraf my kop regkry. Wat my gehelp het, was deeglike beplanning en roetine. Die verantwoordelikheid raak net groter hoe verder jy met jou studies gaan. Ek praat konstant met myself en doen refleksie. Die refleksie, wat ook spesifiek deur OLH aangemoedig word (alle OLH studente moet ‘n joernaal hou waarin hulle oor hul groei as mens en as onderwysstudent besin), is vir my van kardinale belang want dit hou my oog op my kort- en langtermyn doelwitte en drome. Dit is ook belangrik om ‘n balans te handhaaf tussen jou werk, studies, geloof en huishouding.
Om op te som, om ‘n werkende ma en voltydse aanlyn student te wees is ‘n uitdaging, maar ‘n lekker uitdaging. Met die ondersteuning van OLH, jou mede-studente en familie weet jy diep in jou hart jy gaan suksesvol wees!